Die doop is 'n simbool van God se onbeperkde genade en trou.  In die doop - wat 'n goddelike handeling is, nie 'n menslike daad nie - kom die Here en verbind homself aan sy kinders.  Hy beloof Sy liefde en trou, selfs al verstaan ons dit nie en selfs al dwaal ons soms vêr van hom.

Doop in Magalieskruin word twee keer per maand bedien:

  • Eerste Sondag van die maand by die Oggenddiens om 08:00.
  • Tweede Sondag van die maand by die Gesinsdiens om 09:30.

Ouers van kinders en volwassenes wat gedoop wil word ondergaan eers doopkategese, wat gelei word deur Dr. Lizette.

Kontak die kerkkantoor vir registrasie.

Doop vorm Kerkkantoor